Slagoffers ernstig beseer in aanval in Franschhoek

Lees ook :

Foto: Mike Charlie 1

WES-KAAP. – ‘n Man en ‘n vrou is Saterdagoggend omstreeks 01:30 op ‘n gasteplaas in Uitkykstraat, Franschhoek, aangeval waar hulle oornag het. Die Franschhoek-polisie ondersoek ‘n saak van huisroof.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die slagoffers is deur drie vermomde aanvallers aangerand. Die man en vrou is met kopbeserings vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.

Enigiemand met relevante inligting is gevra om na vore te kom.

Franscchoek First Responders sê in ‘n sosialemediaplasing dié diens het in die vroeë oggendure op nog ‘n plaasaanval in die gebied gereageer. Volgens die plasing is Mike Charlie 1 en ER24 onmiddellik ontbied om bystand te verleen. Albei slagoffers het die aanval oorleef, maar ernstige beserings opgedoen. Hulle is vir verdere behandeling na Mediclinic Paarl vervoer. Dié diens het @tsuprotection One Security, Dogs and All, Franschhoek SAPD en Pepler Alarms vir ondersteuning op die toneel bedank.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief