Slagoffers in plaasaanval by Bonnievale beseer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – ‘n Paar, onderskeidelik 64 en 51 jaar oud, is in hulle slaapkamer op ‘n plaas in Bonnievale oorweldig en aangerand. ‘n Bejaarde ma (74) van die paar is ook in haar kamer oorval.

AO Joseph Swartbooi het die insident aan Nuusflits bevestig. Vier verdagtes het Donderdagaand net voor middernag die slagoffers oorval en die huis geplunder. Hulle het met gesteelde items in die slagoffers se voertuig gevlug.

“Die slagoffers het beserings opgedoen. Die verdagtes het met die motorvoertuig van die slagoffers van die toneel gevlug en moet nog in hegtenis geneem word.”

Bonnievale-polisie ondersoek ‘n saak van huisroof. Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om die polisie te kontak.

Breede Valley Farm Watch Fire and Rescue sê vermomde verdagtes het die slagoffers oorval en aangerand en kontant, juwele en vuurwapens geëis. Die verdagtes se hande en voete is vasgebind en die vrou se mond is toegemaak. Die paar is met die dood gedreig, indien hulle iemand sou kontak. Daarna is die verdagtes na die slaapkamer van die bejaarde ma waar sy ook aangerand en vasgebind is terwyl toegang tot ‘n kluis geëis is.

Volgens Breede Valley Farm Watch Fire and Rescue besit die paar geen vuurwapens nie en die ouer slagoffer het gesê sy is onbewus van ‘n kluis. Daarna is werknemers ook genader en vasgebind.

Die verdagtes het met juwele, sonbrille, ‘n skootrekenaar, ‘n Krugerrand en kontant, met die slagoffers se wit Audi Q7 van die toneel gevlug. Die voertuig is later verlate gevind.

Volgens inligting is die 64-jarige man met ‘n breekyster aangerand en met ernstige beserings na die Worcester Mediclinic geneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief