Slagoffers van ‘aanranding’ by Pta-klub meld by polisie aan, buitelandse verdagtes gesoek

Lees ook :

Foto: Skermgreep beeldmateriaal X - The Instigator

GAUTENG. – Nadat die video’s van gruwelike marteling en seksuele aanranding by die ZanZou-nagklub in Hatflield, Pretoria, aan die lig gekom het, het drie slagoffers by Brooklyn-polisiestasie aangemeld. Die polisie is op soek na ten minste agt buitelandse verdagtes.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê lt.genl. Tommy Mthombeni, die provinsiale kommissaris, was by Brooklyn-polisiestasie om slagoffers te woord te staan. Nadat die polisie gister (Maandag) versoek het die slagoffers moet na vore kom, het drie slagoffers, onderskeidelik 20, 21 en 22 jaar oud, die aand by die polisie aangemeld. Volgens die slagoffers is hulle ‘n groep van vyf vriende wat aan die marteling onderwerp was.

Mathe sê volgens die slagoffers word daar beweer die insident het in Januarie 2023 gebeur toe ‘n dispuut tussen die vyf vriende, uitsmyters en bestuurder van die nagklub ontstaan het. Die uitsmyters en bestuurder het glo die slagoffers in ‘n stoorkamer ingedwing en aangerand. Hulle is na bewering beveel om bottels in hulle geslagdele te druk en seksuele aksies op hulleself uit te voer.

“Die polisie is vol vertroue dat die ander twee slagoffers opgespoor sal word en hul verklarings sal ook in die dossier ingesluit word.”

Gedwonge verkragting, aanranding, crimen injuria, intimidasie en ontvoering is die hoofklagtes wat uit die video’s spruit. ‘n Mannejag om die skuldiges op te spoor, is deur GKS onderneem. Die polisie vra ook ‘n voormalige uitsmyter van die nugklub, genaamd Pablo, op sosiale media om na vore te kom om die polisie met die ondersoek by te staan, aangesien hy verskeie bewerings gemaak het wat sal help om die saak op te los.

https://twitter.com/i/status/1891548475860373585

Voorts sê Mathe genl. Fannie Masemola prys genl. Mthombeni vir die spoed waarmee die saak hanteer word. Enigiemand met meer inligting oor waar die verdagtes hulle bevind, word gevra om die polisie te kontak.

“Die SAPD se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe bevestig dat ‘n bykomende klag van verkragting en seksuele aanranding by hierdie saak gevoeg kan word. Sou die ondersoek ook aan die lig bring dat sommige van die slagoffers minderjarig is of was toe die video’s geneem is, kan ‘n klag van die vervaardiging, besit en verspreiding van kinderpornografie bygevoeg word.”

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief