KWAZULU-NATAL. – Die slagoffers van ‘n kaping Woensdag in Vincent Dickinsonstraat in Cottonlands is ongeveer 3 km verder deur die kapers afgelaai.
Reaction Unit South Africa sê die wit Toyota Quatum met die bestuurder, ‘n vroulike passasier en ‘n minderjarige kind is gekaap. Hulle is ongeveer 3 km verder langs die pad afgelaai na daar met hulle weggejaag is.
Die voertuig, met ‘n handelsmerk, is later uitmekaargehaal deur ‘n opsporingsmaatskappy in Ndwedwe teruggevind.





