Slagoffers wat glo gekaap en ontvoer is, mét motors teruggevind

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Twee slagoffers is glo Woensdagmiddag, omstreeks 17:40, buite Hazyview, gekaap en ontvoer toe een se voertuig probleme gegee het. Die polisie het hulle, asook twee voertuie, teruggevind.

Kol. Donald Mdhluli sê daar was ‘n vergadering buite ‘n laerskool in Nyongane wat deur een van die slagoffers bygewoon is. Hy het meganiese probleme met sy motor ondervind. Met dié wat mense hom wou help, het drie gewapende verdagtes te voorskyn gekom en hulle gedreig. Die twee slagoffers is afsonderlik in twee WV Polo’s se kattebakke inforseer en daar is met hulle weggery.

Die polisie is ingelig en gemobiliseer om die motors te soek. Later die aand is die twee slagoffers veilig gevind, asook die twee motors waar dit agtergelaat is.

Die verdagtes word steeds gesoek. Enigiemand met inligting word versoek om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief