‘Slegs een moord op ‘n plaaseienaar’ sê polisieministerie na verifikasie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

“Voorlopige bevindinge dui daarop dat van die voorvalle wat gelys is, slegs een moord op ‘n plaaseienaar weerspieël word.”

Die polisieminister se kantoor sê die misdaadregistrateur van die polisie het die lys van plaasmoorde, soos deur AfriForum verskaf, begin verifieer.

Kamogelo Mogotsi, woordvoerder van Senzo Mchunu, die polisieminister, sê nadat die amptelike statistieke van die derde kwartaal vrygestel is, is dit met ondergerapporteerde bewerings bevraagteken. Die minister het bewyse van die bewerings versoek, waarna AfriForum die lys verskaf het. Mogotsi sê na die voorlopige verifikasieproses stem die statistiek ooreen met die moord van ‘n enkele plaaseienaar wat in die statistiek weergegee is.

“Terwyl verifikasieprosesse steeds aan die gang is, is geen bykomende moorde op plaaseienaars geïdentifiseer as wat oorspronklik deur die SAPD gerapporteer is nie. Verdere opdaterings sal verskaf word sodra die volledige verifikasieproses voltooi is.”

Mogotsi sê voorts die SAPD bly tot deursigtigheid en akkuraatheid in misdaadverslaggewing verbind en doen ‘n beroep op alle belanghebbendes, wat burgerlike organisasies insluit, om saam te werk om te verseker dat misdaadstatistieke op verifieerbare feite gebaseer is.

“Wetstoepassingsagentskappe gaan voort om misdade wat alle gemeenskappe raak, insluitend dié in landelike en boerderygebiede, met die erns wat hulle verdien, aan te spreek. Die ministerie bevestig verder sy verbintenis tot die bekamping van geweldsmisdaad en die verbetering van veiligheid vir alle Suid-Afrikaners. Die SAPD sal voortgaan om met alle belanghebbende partye te skakel om misdaadvoorkomingspogings te verbeter en te verseker dat statistiese verslagdoening betroubaar en geloofwaardig bly.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief