Sluipmoordenaars met visekanselier se lyfwag se moord verbind, in Gauteng vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Twee sluipmoordenaars wat verbind word met die moord op Mboneli Vesele, die lyfwag van die visekanselier van die Universiteit van Fort Hare op 6 Januarie 2023, is in Gauteng in hegtenis geneem.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, het die media, sosialemedia-gemeenskap en lede van die gemeenskap vir hulle hulp met die opsporing van die verdagtes bedank.

Vesele is op die betrokke dag doodgeskiet, terwyl hy vir prof. Sakhele Buhlungu buite sy woning in Alice, in die Oos-Kaap, gewag het. Op 15 November 2024, nadat ‘n J50-lasbrief vir inhegtenisneming uitgereik is, het die polisie foto’s van drie gesoekte verdagtes gepubliseer en hulp van die publiek gevra om hulle op te spoor. Die verdagtes is Bafana Chiliza, Nkosiyazi “Dipopoz” Maphumulo en Siphiwo “Spijojo” Jejane.

Die ondersoekspan het op 21 Junie 2025 inligting ontvang wat hulle na Zakkariya Park in Johannesburg gelei het. Twee van die drie verdagtes, naamlik Bafana Chiliza en Nkosiyazi Maphumulo, is in hegtenis geneem. Beide is in aanhouding en sal aangekla word.

Genl. Masemola het gesê: “Lede van die publiek speel ’n belangrike rol in die ondersteuning van die polisie se werk om gesoekte verdagtes vas te trek. Ons bedank alle rolspelers vir hul bydrae.”

Die totale aantal verdagtes wat tot dusver in verband met die moorde aan die Universiteit van Fort Hare in hegtenis geneem is, staan nou op twaalf. Tien ander is sedert 2023 in hegtenis geneem, van wie sommige steeds in aanhouding is. Hulle verskyn vandag in die Alice-landdroshof.

Die polisie is steeds op soek na die derde verdagte, Siphiwo Jejane.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief