Só lyk die weer die naweek

Lees ook :

Só lyk weer die naweek. Foto: SAWS

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het hulle weervoorspelling vir die naweek bekendgemaak.

Verspreide en wydverspreide reën is oor die sentrale binneland en oostelike dele van die land moontlik. Vrydag beweeg ’n kouefront oos van die land verby. Dit is dieselfde kouefront wat tans vir die nat toestande oor die meeste dele van die land verantwoordelik is.  

Mooi en warm weer word vir die suidwestelike dele van die Noord-Kaap vir Vrydag voorspel.

Saterdag kan wydverspreide donderbuie vanaf Gqeberha tot Durban verwag word. Die Oos-Kaap kan dan ook laer temperature ervaar. Verspreide buie word vir Gauteng voorspel.

Bron: SAWS

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief