Soekgeselskap probeer meisie (8) vind

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Mpho Kapotsa (8) oftewel Bokamoso, in gr. 2, is deur haar ma by Bloemspruit-polisiestasie as vermis aangemeld. Sy het nie na skool by haar huis in Khayelisha opgedaag nie.

Kapt. Loraine Earle sê die meisie is Maandag laas deur haar ma gesien, toe sy onderweg was skool toe. Sy is na skool gesien toe sy huis toe gestap het in ‘n informele nedersetting waar hulle woon, maar sy het nooit tuis opgedaag nie.

Kapotsa het kort swart hare en het ‘n vlootblou sweetpak en ligter blou hemp aangehad. (Soos in foto)

Enigiemand met inligting oor waar sy haar bevind, kan speur.AO Lydia Seale by 071 331 8880 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief