TSOMO. – Die polisie het ’n soektog na drie verdagtes geloods na ’n egpaar op 27 Februarie in hulle huis doodgeskiet is.
Lees ook: 25 gebruikte patrone gevind na sakeman doodgeskiet is
Die man (58) en sy vrou (64) se liggame is met verskeie koeëlwonde in hulle huis aangetref.
Drie onbekende verdagtes het glo by die huis aangekom waar hulle die vrou alleen gekry het. Hulle het haar glo beveel om haar man te bel. Toe die man by die huis aankom, is hulle albei doodgeskiet voor die verdagtes in ’n swart Volkswagen Polo gevlug het.
Die motief vir die moord is onbekend.
Bronne: SAPD
Lees ook: 25 gebruikte patrone gevind na sakeman doodgeskiet is





