Soektog geloods na man van Knysna nie by werk opdaag nie

Lees ook :

Foto: SAPD

WES-KAAP. – Charlton Bruiners (39) van Nekkies is Maandag as vermis aangemeld.

Sers. Christopher Spies sê ‘n soektog is na Bruiners geloods nadat hy sy huis omstreeks 06:40 verlaat het om werk toe te gaan, maar nooit daar opgedaag het nie.

Hy was in ‘n blou Jeeves T-hemp, blou oorpakbroek, ‘n hoed en maroenkleurige tekkies geklee.

Spies sê hy word in die industriële area gesoek. Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan adj.off. James Visagie by 073 244 6154 gebel word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief