Soektog geloods ná skape op plaas geroof is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO.– Makhado-polisielede het Vrydag ’n klopjag geloods na vier verdagte mans ná ’n sakeroof wat Donderdagoggend kort na 02:00 op ’n plaas langs die Fort Edward–Makhado-pad plaasgevind het.

Luidens ‘n verklaring deur kol. Malesela Ledwaba was ’n 28-jarige man in die plaashuis toe hy hoor iemand probeer om ’n venster oop te maak. Toe hy ondersoek instel, het ‘n verdagte glo ’n vuurwapen op hom gerig en hom beveel om die deur oop te maak. Hy is daarna met die kolf van die vuurwapen teen die voorkop geslaan, vasgebind en gedwing om op die vloer te lê. Twee verdagtes het glo 15 bruin en swart skape met IVP-oormerke, ter waarde van ongeveer R67 500, in ’n voertuig gelaai. Die klaer se selfoon is ook gebuit voordat die verdagtes van die toneel gevlug het.

’n Sakeroof is geopen en die ondersoek duur voort. ‘n Soektog is geloods om die verdagtes op te spoor en die gesteelde vee te herwin.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief