Soektog na man in Hartbeespoortdam eindig tragies

Lees ook :

HARTBEESPOORT, NOORDWES. – ’n Man (40) wat Saterdag in die Hartbeespoortdam vermis geraak het, se liggaam is Maandagmiddag tydens ’n reddingsoperasie gevind.

Hy was een van vyf persone op die boot. Twee vroue was ook in die water, maar is ongedeerd. Net die 40-jarige man het onder die water verdwyn en nie weer opgekom nie.

’n Groot soektog is deur die NSRI en polisieduikers uitgevoer.

Volgens die SAPD wil dit voorkom of die oorledene ’n paar keer daardie dag vanaf die boot in die water gespring het om af te koel. Die laaste keer het hy nie weer opgekom nie.

Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, sê ’n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word om die amptelike oorsaak van sy dood te bepaal.

Lees ook hier.

Bronne: SAPD, Jacaranda FM, Sowetan Live

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief