Soektog na vermiste seun (8) geloods

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – Rifumo Chabalala van die Khakhala-woonbuurt is sedert Maandagmiddag 3 Junie vermis.

Sers. Maphure Manamela sê ‘n voorlopige ondersoek dui aan die seun het sy huis omstreeks 16:00 verlaat om met maats by ‘n plaaslike sokkerveld te speel en het nooit teruggekeer huis toe nie.

Manamela se familie het hom Dinsdag as vermis by die polisie aangemeld en ‘n soektog na hom is sedertdien deur die Muyexe-polisie, Giani-polisielede, ‘n soek-en-reddingseenheid sowel as die honde-eenheid en gemeenskap geloods.

Die soektog het nog geen positiewe resultate opgelewer nie. Enigiemand met inligting van waar Manamela hom bevind, kan met die ondersoekbeampte, AO Tinyiko Mabasa, by 067 565 0240 in aanraking kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief