Brekende Nuus
Afrikaans

Verskeie mense steeds vermis ná flitsvloede in Kasjmir

Verskeie mense steeds vermis ná flitsvloede in Kasjmir

fotokrediet: X
Verskeie mense steeds vermis ná flitsvloede in Kasjmir fotokrediet: X

KASJMIR. – Meer as 200 mense is steeds vermis in die gebied van Kasjmir wat deur Pakistan beheer word ná flitsvloede en grondstortings in die gebied voorgekom het.

Lees ook: Verskeie mense dood ná flitsvloede in Indië

Meer as 300 mense is in die afgelope dae dood in Pakistan en dié deel van Kasjmir wat deur Pakistan beheer word, met reën wat tot 21 Augustus voorspel word .

Sowat 60 mense het ook in die deel van Kasjmir wat deur Indië beheer word, omgekom.

Reddingswerk in hierdie dele is steeds onderweg, maar die hoof van die provinsiale rampbestuurowerheid het gesê die reën bemoeilik reddingswerk.

Bronne: BBC, Gulf News, CNA

Lees ook: Betogings in Israel duur voort