Verskeie mense steeds vermis ná flitsvloede in Kasjmir

Lees ook :

Verskeie mense steeds vermis ná flitsvloede in Kasjmir fotokrediet: X

KASJMIR. – Meer as 200 mense is steeds vermis in die gebied van Kasjmir wat deur Pakistan beheer word ná flitsvloede en grondstortings in die gebied voorgekom het.

Lees ook: Verskeie mense dood ná flitsvloede in Indië

Meer as 300 mense is in die afgelope dae dood in Pakistan en dié deel van Kasjmir wat deur Pakistan beheer word, met reën wat tot 21 Augustus voorspel word .

Sowat 60 mense het ook in die deel van Kasjmir wat deur Indië beheer word, omgekom.

Reddingswerk in hierdie dele is steeds onderweg, maar die hoof van die provinsiale rampbestuurowerheid het gesê die reën bemoeilik reddingswerk.

Bronne: BBC, Gulf News, CNA

Lees ook: Betogings in Israel duur voort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief