Sokkerafrigter van beweerde verkragting beskuldig

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Sokkerafrigter (57) van Parkgate het Dinsdagmiddag onder inwoners in Waterloo deurgeloop nadat daar beweer is dat hy verskeie jong seuns verkrag het.

Reaction Unit South Africa sê beamptes is omstreeks 17:30 na die hoek van Rahima Moosa- en Vezokuhlestraat gestuur. Met aankoms is ongeveer 100 woedende inwoners en ‘n deels ontklede man aangetref. Die inwoners het gedreig om hom te kastreer.

Rusa sê die sokkerafriter en beweerde beskuldigde werk vir die munisipaliteit en buiten sokkerlesse in sy vrye tyd doen hy ook Bybelstudie met die jong seuns.

Een van die seuns het volgens inligting, wat deur Rusa-beamptes ontvang is, vir sy ouers vertel hy is na bewering bedwelm en verkrag. Op hulle beurt het die ouers die voorval onder ander ouers met kinders se aandag gebring. Vier ander seuns tussen 10 en 13 jaar het ook bevestig hulle was beweerde slagoffers van die man. Hulle is blykbaar met die dood gedreig indien hulle iets vir iemand sou vertel.

“Die kinders het vroulike Rusa-lede ingelig dat die man hulle vir ongeveer een jaar lank gesodomiseer het.”

Die man sou die kinders glo individueel of in groepe na sy huis neem, hulle na bewering bedwelm en dan verkrag.

“Tydens een voorval het hy drie kinders na sy huis begelei, een van die seuns het sy bewussyn herwin terwyl sy vriend seksueel aangerand is. Daar word verder beweer dat die verdagte voorheen vir die verkragting van ‘n minderjarige seun in Mhlasini tronk toe gestuur is, maar dit kon nie onmiddellik bevestig word nie. Die verdagte is tydens die inwoners se aanval ernstig beseer.”

Die verdagte is in hegtenis geneem en by Verulam-polisie aangehou.

Kol. Robert Netshiunda sê aan Nuusflits Verulam-polisie het ‘n man (57) vir vier aanklagte van verkragting in hegtenis geneem. Die verdagte het na bewering vier seuns in Waterloo verkrag.

“Die verkragtingsake is gister by Verulam-SAPD aangemeld vir ondersoek. Rapportering dui daarop dat die verdagte deur die gemeenskap aangerand is voordat die polisie ontbied is. Die verdagte is vir mediese aandag hospitaal toe geneem waar hy onder polisiebewaking bly.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief