Sol-Tech stel kwalifikasie vir vroeëkindontwikkeling bekend

Lees ook :

Sol-Tech stel kwalifikasie vir vroeëkindontwikkeling bekend Foto: Sol-Tech

PRETORIA, GAUTENG. – Sol-Tech, ’n private beroepsopleidingskollege, het onlangs ’n kwalifikasie vir vroeëkindontwikkeling bekendgestel.

Die bekendstelling het by hulle Monumentpark-kampus plaasgevind. Volgens Sol-Tech sal die eerste studente al einde Junie 2024 met die NKR-vlak 4-kwalifikasie kan begin.

Studente gaan deur die omgekeerde klaskamermetode self tuisstudie doen en in die middae kontaksessies bywoon. Die kwalifikasie is gemik op skoolverlaters wat in die pre-primêre skool wil werk, diegene wat reeds by ’n kleuterskool werk, au pairs, kinderoppassers en tuisskoolma’s wat kinders onder vyf jaar het.

Paul van Deventer, Sol Tech se besturende direkteur, sê hulle is baie opgewonde om jongmense meer indiensneembaar te maak. “In Suid-Afrika is daar ’n geweldige tekort aan persone wat spesifiek goed vir die vroeëkinderontwikkelingsfase opgelei is.”

Die kwalifikasie word in Afrikaans aangebied en sal 12 maande duur.

Volgens Sol-Tech kan studente uitsien na ses maande se teoretiese onderrig op kampus waartydens praktiese waarneming gelyktydig by ’n kleuterskool plaasvind. “Hierna vind werksgeïntegreerde leer vir drie tot ses maande by ’n kleuterskool plaas.”

Bron: Sol-Tech

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief