Solidariteit begin met lastersaak teen minister, president as tweede respondent

Lees ook :

Foto: Solidariteit

GAUTENG. – Solidariteit het ’n lastersaak teen Khumbudzo Ntshavheni, die minister in die presidensie, met president Cyril Ramaphosa as tweede respondent, ingestel.

Solidariteit vra dat die minister aan laster skuldig bevind word en skadevergoeding betaal. Die organisasie het onderneem om enige vergoeding aan Solidariteit Helpende Hand te skenk om behoeftiges te ondersteun.

Volgens Solidariteit het Ntshavheni tydens ‘n mediakonferensie gesê die kabinet neem met kommer kennis van voortgesette waninligtingsveldtogte deur Solidariteit en AfriForum. Sy het ook verwys na ondersoeke deur wetstoepassingsagentskappe. Solidariteit sê daar is geen bewyse van sogenaamde waninligting ooit deur die minister of regering gelewer nie.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die beweging het tydens sy besoek aan die VSA gefokus op die behoud van die Agoa-handelsooreenkoms ná ’n diplomatieke krisis tussen Suid-Afrika en die VSA.

“Om instellings soos Solidariteit en AfriForum van waninligting en selfs hoogverraad te beskuldig, is vals en lasterlik,” het Hermann gesê. Hy voeg by dat die hofsaak oor ’n stryd om die waarheid gaan.

Druk hier om die volledige verklaring te lees.

Sien die beëdigdeverklaring hier en kennisgewing van mosie hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief