Brekende Nuus
Afrikaans

Sonsverduistering op 8 April kan meer voertuigongelukke beteken

Die wetenskaplikes het gesê hulle is veral bekommerd oor die mense wat huis toe moet ry ná die sonsverduistering.

Sonsverduistering op 8 April kan meer voertuigongelukke beteken

fotokrediet: Canva
Sonsverduistering op 8 April kan meer voertuigongelukke beteken fotokrediet: Canva

Lees ook: AKA-verdagtes vandag weer in die hof

NOORD-AMERIKA. – Die totale sonsverduistering wat op 8 April in Noord-Amerika gaan plaasvind, kan meer voertuigongelukke veroorsaak.

Wetenskaplikes het gesê daar was meer noodlottige ongelukke tydens die laaste sonsverduistering in 2017. Volgens hulle was dit nie die duisternis wat die ongelukke veroorsaak het nie; dit was die mense wat gery het om dit te sien gebeur.

Die wetenskaplikes het gesê hulle is veral bekommerd oor die mense wat moet huis toe ry ná die sonsverduistering.

Sowat 31% meer noodlottige ongelukke het tydens die sonsverduistering in 2017 voorgekom. Mense word daarom gewaarsku om aandag te gee aan die pad en versigtig te ry.

Bronne: Forbes, Mashable, Sapce.com

Lees ook: AKA-verdagtes vandag weer in die hof