Sowat 10 miljoen foto’s van ‘kinderpornografie’ by verdagte gekonfiskeer

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – ‘n Verdagte is Vrydag tydens ‘n operasie in Midrand met ongeveer 10 miljoen foto’s van beweerde kinderpornografie vasgetrek. Die verdagte staan op aanklagte van die besit, toegang tot, aflaai en verspreiding van kinderpornografie, asook dwelmbesit en bedrog, tereg.

Lt.kol. Amanda van Wyk sê die foto’s en video’s is op verskeie elektroniese toerusting ontdek. Dié arrestasie bring die aantal verdagtes vir soortgelyke sake vir die afgelope twee jaar landswyd op 21 te staan. Inligting is internasionaal ontvang, waarna die ondersoek deur die nasionale en provinsiale SECI-eenheid tot die uitreik van ‘n deursoeking-en-beslagleggingslasbrief van ‘n huis in Midrand gelei het.

Tydens die operasie is op verskeie elektroniese toestelle beslag gelê. Forensiese analisering deur kubermisdaaddeskundiges op die toneel het tot die ontdekking van ‘n groot hoeveelheid geld, foto’s en video’s gelei. Die geld is vermoedelik wins van misdaad.

“Verdere ondersoek deur die SECI-spanne het aan die lig gebring dat die verdagte kinderpornografie op ‘n wêreldskaal vir finansiële gewin aanbied en versprei.”

Die verdagte sal na verwagting in die Randburg-landdroshof voorkom, terwyl die ondersoek voortduur.

‘n Voormalige skoolhoof is in Desember 2024 op soortgelyke aanklagte vasgetrek.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief