CHILE. – Sowat 160 aardbewings in twee uur het Chile dié week getref in die Laguna del Maule-vulkaangordel op die grens met Argentinië.
Lees ook: KYK: Aardbewing van 7.7 tref Mianmar
Owerhede is besig om die vulkaan dop te hou, maar nog geen waarskuwing vir onmiddellike gevaar is uitgereik nie.
Ayaz Alam, ’n geoloog en professor by die Universiteit van Santiago van Chile het gesê die aardbewings bewys dat Laguna del Maule aktief is en dat daar magma is wat daarin beweeg.
Die aardbewings was laag op die Richterskaal met die grootste een wat ’n lesing van 2.1gemeet het.
Bronne: The Independent, The Straits Times, INKL
Lees ook: KYK: Aardbewing van 7.7 tref Mianmar





