Sowat 200 000 jongmense begin vandag werk in skole

Lees ook :

Foto: The Presidency

Sowat 200 000 jongmense het vandag (Maandag), hul eerste werksdag by meer as 20 000 skole regoor die land as deel van die vyfde fase van die regering se Basiese Onderwys Werksgeleentheidsinisiatief begin. Dit word deur die Werkloosheidsversekeringsfonds se Arbeidsaktiveringsprogram en die nasionale regering befonds.

Pres. Cyril Ramaphosa sê in ‘n verklaring die program is die grootste werksgeleentheidsprojek vir die jeug in Suid-Afrika se geskiedenis. Dit is deel van die Presidensiële Werkskeppingsinisiatief en word deur die Departement van Basiese Onderwys en provinsiale onderwysdepartemente uitgevoer. Die program bied werkservaring in rolle soos klaskamer-assistente, leesbevorderaars, laboratorium-assistente, administratiewe ondersteuning en die instandhouding van skool-geriewe. Jongmense help ook met sport, kuns en musiek, en ondersteun leerders met spesiale behoeftes. Volgens die program dra hierdie werk nie net by tot die verbetering van leeromgewings nie, maar dit help ook deelnemers om sleutelvaardighede soos tydsbestuur, spanwerk en probleem-oplossing te ontwikkel.

Hoewel talle jongmense begin werk het, is daar steeds baie wat aansoek gedoen het, maar nie gekies is nie. Die regering sê dit bly noodsaaklik om ander maniere te vind om jongmense met werksgeleenthede, opleiding en ondersteuning in aanraking te bring. Die program beoog om die werksvermoë van jongmense op die langtermyn te verbeter, terwyl dit terselfdertyd die onderwysstelsel ondersteun.

Lees die volledige verklaring van president Cyril Ramaphosa hier.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief