Waarskuwing! Foto’s onder aan die berig kan sensitiewe lesers ontstel.
MPUMALANGA. – Sowat 210 000 hoenders was glo sedert Vrydag op ‘n Delmas-braaikuikenplaas sonder kos. Die hoenders het mekaar weens honger begin eet.
Die NDBV en Springs-DBV was Maandag op die plaas waar hulle deur ‘n “gruweltoneel” begroet is. Die NDBV sê die verskoning wat aangebied is, is dat die hoenders se kos opgeraak het.
Die NDBV en DBV-inspekteurs het die hoenders op die plaas gehelp waar hulle kon.







