Sowat 30 mense dood in busongeluk in Bolivië

Lees ook :

Sowat 30 mense dood in busongeluk in Bolivië fotokrediet: X

BOLIVIË. – Sowat 30 mense het in ’n busongeluk in Bolivië omgekom. Die bus het 800 m in ’n kloof af geval na die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.

Lees ook: Tien mense dood toe gebou in Egipte ineenstort

Altesaam 14 mense, insluitend vier kinders, is beseer. Verskeie van die beseerdes is in ’n ernstige toestand in die hospitaal.

Owerhede het gesê die ongeluk is moontlik veroorsaak deur die bestuurder wat op ’n bergpad gejaag het en beheer oor die voertuig verloor het. Die polisie ondersoek die ongeluk.

Bronne: BBC, The Irish Times, Sky News

Lees ook: Tien mense dood toe gebou in Egipte ineenstort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief