Sowat 40 mense dood ná grondverskuiwings in Uganda en Kenia

Lees ook :

Sowat 40 mense dood ná grondverskuiwings in Uganda en Kenia fotokrediet: X

AFRIKA. – Meer as 40 mense is dood nadat grondverskuiwings verlede week op die grens tussen Kenia en Uganda voorgekom het. 14 kinders is in Kenia oorlede ná twee grondverskuiwings in die gebied van die Groot Skeurvallei.

Lees ook: Verskeie mense dood in aardbewing in Afghanistan

Verskeie mense word steeds aan albei kante van die grens vermis. Reddingswerk is aan die gang.

Die Keniaanse minister van binnelandse sake, Kipchumba Murkomen, het gewaarsku daar is steeds ‘n risiko vir grondverskuiwings met swaar reën in die gebied. Reddingswerk in Uganda is bemoeilik deur paaie wat versper is as gevolg van die grondverskuiwings.

Bronne: BBC, Capital News, CBS News

Lees ook: Verskeie mense dood in aardbewing in Afghanistan

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief