Lees ook: Israel beplan moontlik aanval op Iran
ISRAEL. – ’n Oorlewende van die 7 Oktober-aanval op die Nova-fees in Israel het beweer sowat 50 oorlewendes het sedert die aanval selfdood gepleeg.
Guy Ben Shimon het in Israel se parlement beweer die slagoffers wat die Hamas se aanval oorleef het, sukkel om te lewe met die trauma wat hulle ervaar het.
Hy het gesê sowat 50 oorlewendes het selfdood gepleeg en die getal kon in die tussentyd gestyg het. Shimon het gevra die staat moet die oorlewendes help.
Israel se gesondheidsministerie het Shimon se bewering betwis en het gesê minder as 10 persone het selfdood gepleeg.
Bronne: The Sun, Mail Online, Times of India
Lees ook: Israel beplan moontlik aanval op Iran





