Sowat 820 536 passasiers vlieg in besigste week van feesseisoen

Lees ook :

Foto: Acsa

Amper een miljoen passasiers sal tydens die besigste week van die feessoeisoen deur lughawens en lugrederye van Suid-Afrika gevlieg word.

Terence Delomoney, van die lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa), het die syfers van die netwerk gedeel.

Vandag, 13 Desember, een van die besigste dae by al nege lughawens in die land, word 122 603 passasiers gevlieg. Passasiers word herinner om ten minste twee uur vroeër vir plaaslike vlugte op lughawens te wees en drie ure vroeër vir internasionale vlugte. Dis ook belangrik om vereistes vir handbagasie na te kom.

Op 20 Desember (Vrydag) sal 122 210 passasiers vlieg; op 3 Januarie (Vrydag) 121 892 passasiers. Geurende die besigste week sal 820 536 passasiers van Suid-Afrika se lughawens en lugrederye gebruik maak.

“Acsa se operasionele beplanningspanne het aanvraagplanne versprei om te verseker dat hulpbronne toegewys word waar dit die nodigste is. Alle pogings word aangewend om hierdie dae met baie verkeer proaktief te bestuur, om sodoende ‘n naatlose reiservaring vir almal te verseker.”

Jabulani Khambule, die algemene streeksbestuurder, het bevestig OR Tambo Internasionale Lughawe se bagasiesisteem is gereed om getalle tydens die besigste reisdae van die seisoen te hanteer. Gebeurlikheidsbeplanning is vir die onvoorsiene in plek.

“Die span het ook kritieke opgraderings voltooi, soos ‘n herontwerpte sorteerdermoniteringseenheid en verbeterde stelselkontroles. Van senior tegnici op die perseel tydens spitstye tot daaglikse inspeksies en personeelopleiding word aangewend om bagasie doeltreffend en moeitevry aan die beweeg te hou.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief