Sowat 90 buffels verdrink toe hulle vir leeus vlug

Lees ook :

Foto: Zambia Tourism Destination

AFRIKA. – Ongeveer 90 buffels het vroeg Dinsdagoggend in Botswana verdrink toe hulle glo van leeus af na die Choberivier gevlug het.

Volgens inligting van NBC News is die buffels deur leeus agtervolg, waarskynlik van ’n eiland aan Botswana se kant, wat hulle gedwing het om die rivier oor te steek. Die terrein by die rivier is steil en dikwels kan diere wat paniekerig is, nie weer uit die rivier kom nie, dus verdrink hulle of vertrap mekaar.

Hierdie is die derde voorval van sy soort. In 2018 het 400 buffels op soortgelyke wyse verdrink. In nog ‘n voorval in 2023 is sowat 117 buffels dood nadat hulle doodgetrap is en verdrink het toe hulle ook deur leeus gejaag is.

Die ministerie vir die omgewing en toerisme het die voorval as tragies beskryf. Die vleis is aan plaaslike gemeenskappe versprei. Chaos het geheers toe plaaslike inwoners na die toneel gestroom het.

Bronne: Zambia Tourism Destination, NBC News, The Namibian en New Era

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief