MOSAMBIEK. – Sowat ses mense is dood en 20 beseer na sikloon Jude die gebied Maandag getref het.
Lees ook: Ses siklone op dieselfde tyd in Suidelike Halfrond
Meer as 900 huise is in die sikloon vernietig en 9 500 mense se lewensomstandighede is deur die sikloon geraak.
Jude het tot ‘n tropiese storm verswak, maar volgens die Nasionale Instituut vir Rampbestuur kom erge reën, sterk winde en donderstorms steeds voor.
Jude is die derde sikloon wat Mosambiek in drie maande getref het.
Bronne: IOL, Free Malaysia Today, The International News
Lees ook: Ses siklone op dieselfde tyd in Suidelike Halfrond