GAUTENG. – Die liggaam van die 11-jarige Anqobile Njiyela is Vrydag in Soweto gevind nadat vloedwater haar Dinsdag meegesleur het.
Xolile Khumalo, woordvoerder van Johannesburg se nooddienste, sê reddingspanne het die liggaam kort voor 12:00 in die Snake Park-rivier gevind. Anqobile is Dinsdagmiddag tydens swaar donderstorms in Dobsonville-uitbreiding 3 meegesleur, kort nadat sy van die skool afgelaai is.
Jacob Mamabolo, Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, het later bevestig dat die familie haar liggaam geïdentifiseer het. Hy het sy medelye met die familie betuig en gesê psigososiale ondersteuning sal aan hulle gebied word.
Bronne: City of Joburg EMS, eNCA, SABC News,
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: