Lees ook: Boeing gaan skuld erken in bedrogsaak na ongelukke
BARCELONA, SPANJE. – Duisende mense het die naweek in Barcelona betoog teen die massa toeriste in die land.
Die inwoners wil hê die toeriste moet “huis toe gaan”. Hulle het met watergewere losgebrand op toeriste wat buite restaurante geëet het.
Barcelona se burgemeester het ‘n plan aangekondig om teen 2028 ontslae te raak van die praktyk om huise aan toeriste te verhuur. Dit is om die huiskostes te verlaag en die stad meer leefbaar vir inwoners te maak.
Bronne: The Independent, BBC, Daily Mail
Lees ook: Boeing gaan skuld erken in bedrogsaak na ongelukke





