Spelende kleuter verdwyn spoorloos

Lees ook :

Foto: SAPD

OOS-KAAP. – Ndalo Ngxola van Phungulelweni (3) is omstreeks 10:00 op 11 Desember laas gesien waar hy naby sy huis met maats gespeel het. Die eMaxesibeni-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het ‘n soektog na hom geloods.

AO Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring op die tydstip van sy verdwyning het Ndalo ’n donkerblou sweetpak, donkerblou trui, donkerblou Crocs met oranje insetsels en gestreepte sokkies gedra. Hy is Donderdag as vermis aangemeld en ‘n soektog sedertdien het nog nie sukses opgelewer nie.

Enigiemand met inligting oor Ndalo word gevra om kapt. Luzuko Kanzi te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief