Spoedvraat teen 190 km/h op N4 vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Spoedvraat (35) wat Vrydagmiddag 190 km/h vanaf Johannesburg op die N4-tolpad, Schoemanskloof in die rigting van Mbombela (Nelspruit), gery het, is vasgetrek.

Moeti Mmusi, die woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê die man het 190 km/h met ‘n BMW X5-sportnutsvoertuig in ‘n 100 km/h-sone gery.

Die man is by die Ngodwane-polisiestasie op R3 000 borg vrygelaat en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief