‘Spoedvrate’ en ‘dronkbestuurders’ gearresteer

Lees ook :

Foto: Limpopo Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid

LIMPOPO. – Sedert die begin van Desember is ‘n groot aantal voertuigbestuurders vir beweerde spoed- en dronkbestuuroortredings in dié provinsie aangekeer.

Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid sê in ‘n Oujaar-verklaring 213 bestuurders is gearresteer: “Die jongste statistieke wek kommer, met 205 bestuurders wat sedert die begin van Desember vir dronkbestuur in hegtenis geneem is, en ‘n bykomende 24 wat sedert Kersdag aangekeer is.”

‘n Vrou (48) van Gauteng is Maandag aangekeer nadat sy glo 171km/h in ‘n 120km/h-gebied op die N1 gery het. Sy is R500 borg toegestaan en sal in die Bela-Bela (Warmbad)-landdroshof voorkom.

Skaars 24 uur later, op Oujaar, is ‘n man (35) van Gauteng op die N1 naby Sondela vir dieselfde oortreding gevang nadat hy 186km/h in ‘n 120km/h-gebied gery het. Die man is borg toegestaan en sal binnekort in die hof verskyn.

Die departement sê voorts roekelose en/ of nalatige bestuur sal geensins op sy paaie geduld word nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief