Sportgronde se kombuis op Koffiefontein in vlamme

Lees ook :

Sportgronde se kombuis op Koffiefontein in vlamme. Skermgreep: Elsabé Olivier

KOFFIEFONTEIN, VRYSTAAT. – Beeldmateriaal van ’n brand wat glo by Koffiefontein se sportgronde uitgebreek het, doen die rondte op sosiale media.

Volgens Elsabé Olivier, inwoner van die dorp, is dit die kombuis wat in vlamme was.

Die sportgronde is destyds deur die De Beers-groep opgerig en in stand gehou. Volgens inwoners is die sportgronde deesdae ’n gewilde uithangplek vir hawelose kinders.

Die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie.

Kyk die video hier.

Elsabé Olivier het die volgende foto’s op Facebook gedeel:

Bronne: Veldbrand Radio, Koffiefontein Gemeenskapsblad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief