GAUTENG. – Die voertuigkaping van ‘n man, sy vrou en ‘n passasier in Springs aan die Oos-Rand het tragies uitgedraai. Die man is vermoor, sy vrou verkrag en ‘n passasier is aangerand.
Kapt. Tintswalo Sibeko het aan Nuusflits bevestig die polisie ondersoek ‘n saak van moord, ontvoering, verkragting en voertuigkaping.
Volgens ‘n plasing van Intelligence Bureau SA het ‘n moord, verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer in Main Reefstraat in Sektor 6 in Benoni plaasgevind.
Sibeko sê nog geen arrestasies is gemaak nie.
Bronne: SAPD, Reza op X en Intelligence Bureau SA
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





