Staatsaanklaer vir beweerde korrupsie in hof

Lees ook :

Foto: Ignacia Kay Mahlakwane (Kokie) Facebook-blad

GAUTENG. – Ignacia Koketso Mahlakwane (31), ‘n distrikshofaanklaer, gebaseer by die Pretoria-landdroshof, is op R5 000 borg vrygelaat. Sy het op aanklagte van korrupsie, regsverydeling en afpersing in die hof verskyn.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê Mahlakwane het glo op 6 Julie 2023 ‘n bedrag tussen R70 000 en R80 000 as betaling saam met haar medepligtige aanvaar. Die betaling was na bewering as dank ontvang in ruil vir die weiering om ‘n verdagte op ‘n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, te vervolg. Die verdagte (nou die klaer) het die betaling geweier.

Mahlakwane en haar medepligtinge het op 24 Oktober 2023 ‘n J175-dagvaarding uitgereik sodat die verdagte in die hof moes verskyn en die verdagte het daarna die saak aan die polisie gerapporteer.

Die voorval is deur die nasionale teen-korrupsie-eenheid ondersoek, waarna Mahlakwane op 26 Junie by die Pretoria-landdroshof in hegtenis geneem is.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 28 Augustus uitgestel.

Mahanjana het gesê: “Die NVG is daartoe verbind om korrupsie op alle vlakke, ook binne sy eie geledere, te beveg.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief