Stad Kaapstad gee tender vir eerste sonkragaanleg

Lees ook :

Stad Kaapstad gee tender vir eerste sonkragaanleg. Foto: City of Cape Town

KAAPSTAD, WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad het ’n tender aan Lesedi TechnoServe Consortium vir die ontwikkeling van die stad se Atlantis- sonkragfotovoltaïese (PV) aanleg toegeken.

Konstruksie van die aanleg behoort in Augustus vanjaar te begin en sal binne 12 maande voltooi wees.  Volgens die Stad Kaapstad sal die 7 MW netwerk-gekonnekteerde sonkragaanleg ’n tree in die regte rigting wees om die impak van beurtkrag te verminder.

Hulle beplan om moontlik ’n aantal eenderse aanlegte in die stad oor die volgende jare te ontwikkel.

Die projek is tans in sy gedetailleerde ontwerpfase en die oordrag van krag na die netwerk behoort teen einde 2025 plaas te vind.

“This project will also contribute to achieving the City’s goal of net-zero buildings by 2030. The renewable energy generated from the Atlantis Solar PV project will offset electricity consumption in municipal buildings, therefore reducing carbon emissions associated with the City’s operations.”

Bron: City of Cape Town  

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief