Stad Tshwane in gesprek met Kollonade-winkelsentrum oor openbare vervoer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die Stad Tshwane het gesprekvoering met die Kollonade-winkelsentrum in die noorde van Pretoria oor die akkommodering van openbare vervoer geïnisieer.

Alderman Katlego Mathebe, die LUR van paaie en vervoer in die provinsie, sê die gesprek is begin omdat na langtermyn oplossings vir die openbare vervoer vir die spesifieke gebied gesoek word. Die sentrum is sentraal in Sefako Makgatho-rylaan (voorheen Zambezi-rylaan) geleë.

Mathebe sê tydens die konstruksie van die Kollonade bykans 30 jaar gelede is daar nie voorsiening gemaak vir die akkommodasie van openbare vervoer nie.

Tydens die gesprek het die sentrumbestuur hulle tot ‘n volhoubare oplossing verbind.

Lees die volledige verklaring hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief