Staking in Ethekwini verby, wetstoepassers geprys

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Die munisipale staking in Ethekwini is verby en wetstoepassers is geprys vir diens gelewer terwyl hulle gewelddadige aksies van die staking moes hanteer en kritieke infrastruktuur moes beskerm.

Brig. Jay Naicker sê polisielede moes munisipale voertuie vir onder andere vullisverwydering en waterverskaffing begelei. Selfs tegnici wat na aangemelde water- en elektrisiteitsfoute moes gaan, moes begelei word.

OOP (Openbare-orde-polisiëring) is ontplooi om betogings wat weens die staking opgevlam het vinnig te keer, selfs al was dit die gemeenskap waar betogings weens dienslewering uitgebreek het. Polisielede is ontplooi om nasionale sleutelpunte en munisipale infrastruktuur op te pas.

‘n Span speurders van Ethekwini-polisiëringsdistrik het ondersoeke van die staking met behulp van staatsaanklaers hanteer. Sowat 25 verdagtes is in hegtenis geneem en op borg vrygelaat. Daar is op 30 gemeenskapsbetogings wat uit die munispale staking voortgespruit het, reageer. Sowat 20 persone is vir verskeie oortredings in hegtenis geneem.

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die provinsiale kommissaris, het wetstoepassers bedank en die terugkeer van munisipale werker na hulle werk verwelkom. Daar is verseker die ontplooiing sal in plek bly totdat die situasie na normaal teruggekeer het.

“We appeal to our communities to refrain from blockading routes and further damaging roads as well as other infrastructure as officials work towards returning municipal services to affected communities,” sê Mkhwanazi.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief