“Stap” saam in virtuele optog teen plaasmoorde

Lees ook :

TLU SA het ‘n veldtog bekendgestel waarin daar op 14 Augustus ‘n virtuele protesoptog teen plaasmoorde gehou sal word.

Alle Suid-Afrikaners word uitgenooi om aan die virtuele optog deel te neem. Persone van regoor Suid-Afrika asook die res van die wêreld het reeds registreer om aan die “staptog” deel te neem.

Daar gaan binne 24 uur ‘n totaal van 5 530 km gestap word. “Met die staptog van 5 530 km hoop TLU SA om genoeg aandag op hierdie misdade te vestig om die regering te dwing om meer as net leë woorde oor die erns van die situasie te spreek.”

As jy belangstel om aan hierdie virtuele optog deel te neem, klik hier om te registreer.

TLU SA het ook Vrydag gesê sy statistieke oor plaasmoorde stem glad nie met dié van polisieminister Bheki Cele ooreen nie.

Volgens die departement was daar tussen 1 April 2019 en 31 Maart 2020 slegs 46 plaasaanvalle terwul TLU SA se statistiek dui dat daar tussen 1 Maart 2019 en 28 Februarie 2020 410 plaasaanvalle op plase was.

“Ons statistiek oor plaasaanvalle is betroubaar en dit stem nooit ooreen met die amptelike statistiek van die departement nie,” sê genl.maj. Chris van Zyl, adjunk-hoofbestuurder van TLU SA. “Ons stem wel saam dat daar ‘n styging was in plaasaanvalle en –moorde sedert verlede jaar.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief