Stapelberg en Danhire weer vandag in hof

Lees ook :

Foto: Op lêer

GAUTENG. – Freddie Stapelberg (34) en Pardon Danhire (37), ‘n Zimbabwiër, verskyn weer vandag op aanklag van moord op Nadine Terblanche (32) en Ruandré Vorster (9) in die hof.

Borgtog vir die aangeklaagdes van moord met voorgedagte rade en twee klagtes van poging tot moord, is tot dusver deur die hof geweier.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Terblanche en haar seun is op 27 Novermber 2023 in hulle huis in Alberton doodgekap. Nadine Terblanche en haar minderjarige seun, Ruandré, se liggame is deur Freddie Stapelberg, Terblanche se lewensmaat, in hul woning aangetref.

Na bewering het hy by die huis aangekom en is deur sy tuinier met ’n byl aangeval. ’n Sekuriteitswag is in die hande gekry wat die tuinier vasgetrek het. Die polisie het die tuinier in hegtenis geneem en van moord aangekla. Die rede vir die moorde is onbekend. Pardon Danhire (37), ’n Zimbabwiër, het as eerste verdagte in die gru-moorde in die Palmridge-landdroshof verskyn.

‘n Tweede verdagte in die moordsaak is daarna in hegtenis geneem. Kol. Mavela Masondo het die inghegtenisneming van ‘n 34-jarige man wat aan die oorledenes bekend was aan Nuusflits bevestig. Stapelberg wat in ‘n verhouding met Terblanche was en oënskynlik op hulle liggame afgekom het, is as beweerde medepligtige vir die moorde in hegtenis geneem. Besoek jy Freddie Stapelberg se sosialemediablaaie, is dit gevul met boodskappe van hartseer oor sy verlies.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê Stapelberg word daarvan verdink dat hy die moorde beplan het en is vir twee klagtes van moord met voorbedagte rade en nog twee klagtes van poging tot moord aangekla.

Pardon Danhire (beskuldigde 1) het reeds skuld beken en gesê Stapelberg het hom na bewering gehuur om Terblanche te vermoor sodat hy na haar dood toegang tot haar bates en of geld kan verkry.

In die opponering van die borg is sers. Mmakgabo Itumeleng Moloto se verklaring vir die rekord ingelees wat die sterk saak van die staat teen die beskuldigde stel waarom hy ongeskik is om borg te kry. Riana Williams, die senior staatsadvokaat in die saak, het aan die hof voorgehou die beskuldigde sal met die saak inmeng, omdat die meeste van die staatsgetuies aan hom bekend is. Sy het voorts gewys op die erns van die klagtes teen die beskuldigde en aangevoer hy besef hoe sterk die staat se saak teen hom en dat hy met toegestane borg sal kan vlug of sy verhoor kan ontduik.

Mjonondwane sê die NVG verwelkom die weiering vir borg, aangesien, indien toegestaan, dit die publiek se vertroue in die strafregstelsel sou ondermyn.

Bronne: SAPD en NVG

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief