Edwill van Aarde (85) se stem wat sinoniem is met Flinkdink, as radio-omroeper en sportkommentator oor baie jare, het stil geraak met sy afsterwe gister. Die oorsaak van sy dood is nog tans onbekend.
Van Aarde het die langste ononderbroke diens van 50 jaar in die Suid-Afrikaanse uitsaaibedryf gehad.
Hy is op 20 Desember 1938 in Kimberley gebore en het gedurende 1957 aan die Hoërskool Diamantveld gematrikuleer.
Van Aarde het onder meer kommentaar op nagenoeg 517 krieketwedstryde, 134 rugbywedstryde en 12 Comrades-marathons, sowel as vyf Wimbledon-tennisfinale vir mans gelewer.
Bron: Wikipedia, Bosveld Stereo en Die Suid-Afrikaanse Legendes Museum
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





