Ster-Kinekor sal nou minder deure sluit

Lees ook :

Ster-Kinekor voltooi herstrukturering en sal nie meer deure sluit nie
Ster-Kinekor voltooi herstrukturering en sal nie meer deure sluit nie fotokrediet: Canva

Lees ook: Ster-Kinekor dank 236 werkers af

Die Ster-Kinekor-groep het die herstrukturering van die maatskappy voltooi en het net twee teaters se deure gesluit pleks van nege.

Die maatskappy het voorheen aangekondig meer as 220 werknemers sou hulle werk verloor en nege teaters sou sluit.

Die maatskappyhoof het aan IOL gesê hulle kon deur die herstrukturering dit regkry dat minder as 60 mense hulle werk verloor en net twee teaters gesluit word.

Die maatskappy het gesê hulle het ‘n plan om nuwe gehore te lok en kon sewe teaters red ná gesprekke met verhuurders en verspreiders. Hulle kon ook kostes verminder.

Bronne: eNCA, BusinessLIVE, IOL

Lees ook: Ster-Kinekor dank 236 werkers af

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief