Lees ook: Ster-Kinekor dank 236 werkers af
Die Ster-Kinekor-groep het die herstrukturering van die maatskappy voltooi en het net twee teaters se deure gesluit pleks van nege.
Die maatskappy het voorheen aangekondig meer as 220 werknemers sou hulle werk verloor en nege teaters sou sluit.
Die maatskappyhoof het aan IOL gesê hulle kon deur die herstrukturering dit regkry dat minder as 60 mense hulle werk verloor en net twee teaters gesluit word.
Die maatskappy het gesê hulle het ‘n plan om nuwe gehore te lok en kon sewe teaters red ná gesprekke met verhuurders en verspreiders. Hulle kon ook kostes verminder.
Bronne: eNCA, BusinessLIVE, IOL
Lees ook: Ster-Kinekor dank 236 werkers af