Ster-Kinekor sluit teater in groot Durban-winkelsentrum

Lees ook :

Ster-Kinekor sluit teater by groot winkelsentrum in Durban fotokrediet: Canva

DURBAN. – Ster-Kinekor het aangekondig dit het op 8 Mei die teater by Durban se Gateway Theatre of Shopping toegemaak.

Lees ook: Ster-Kinekor dank 236 werkers af

Volgens Ster-Kinekor is hierdie sluiting nie deur die maatskappy geïnisieer nie. Volgens ’n stelling aan MyBroadband het Ster-Kinerkor en die sentrum “op goeie terme en met wedersydse respek paaie geskei”.

Die teater by die Bedford Square in Bedfordview is ook vroeër vanjaar gesluit. Twee teaters in Boardwalk in Richardsbaai en Greenstone Mall is amptelik gesluit tydens herstrukturering van die maatskappy oor geldelike probleme.

Ster-Kinekor het gesê dit is gefokus opgroei en daar is samesprekings om drie nuwe teaters oop te maak.

Bronne: My Broadband, SA People, The Citizen

Lees ook: Ster-Kinekor dank 236 werkers af

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief