Sterk wind vir Suidkus voorspel

Lees ook :

Sterk wind word vanaf Tafelbaai tot Plettenbergbaai voorspel. Foto ter illustrasie: Canva

SUID-AFRIKA. – Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n impakgebaseerde waarskuwing vir vandag oor sterk winde aan die Suidkus uitgereik.

’n Geelvlak 2-waarskuwing vir sterk rukwinde is vir die gebied tussen Tafelbaai en Plettenbergbaai uitgereik. Winde kan skade aanrig en seevaart bemoeilik.

Deinings van meer as 5 m hoog kan aan die betrokke kusgebied verwag word. Sterk en hoë branders word voorspel. Inwoners word aangeraai om nie in die water te gaan met klein bote nie.

Daar is ook ’n moontlikheid van wegholveldbrande oor Kaappunt. ’n Waarskuwing vir die opbou van sand op kusroetes rondom Valsbaai is uitgereik.

Die voorspellingslys is as volg:

Bron: Suid-Afrikaanse weerdiens

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief