KING WILLIAM’S TOWN, OOS-KAAP. – Die grafsteen van die oorlede anti-apartheidsaktivis, Steve Biko, is onlangs beskadig.
Die brons vuiste is van sy grafsteen in die Steve Biko-herinneringstuin King William’s Town-begraafplaas gesteel. Die brons vuiste is op 27 Maart 2017 op die grafsteen aangebring.
Sy familielede is Vrydagoggend deur Bruce Waters, voorsitter van die Steve Biko Foundation, hieroor ingelig.
Steve Biko se grafsteen, saam met die Biko-huis, word deur die Suid-Afrikaanse erfenishulpbronagentskap as nasionale erfenisterreine beskou.
Die Azanian People’s-organisasie het owerhede versoek om ’n veiligheidsheining om die graf aan te bring.
Bronne: The Citizen, Limpopo Newspaper





