Stiefdogter brutaal onderweg skool toe vermoor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Meisie (14) is glo Vrydag, onderweg skool toe, langs die pad deur haar stiefpa (48) met ‘n skerp voorwerp doodgesteek. Die stiefpa verskyn vandag op ‘n aanklag van moord in die hof.

Kol. Malesela Ledwaba sê die meisie het omstreeks 06:30 in haar skooluniform saam met ‘n medeleerling gestap toe haar stiefpa haar nader. Hy het haar glo aangeval en gesteek, waarna hy haar hulpeloos langs die pad in Ga-Thoka-woonbuurt, Capricorn, gelos het. Met aankoms van die polisie op die toneel is die meisie in ‘n plas bloed aangetref en deur nooddienste dood verklaar. Voorlopige ondersoek dui aan die verdagte het die vorige aand ‘n huishoudelike dispuut met die oorlede meisie se ma gehad.

Die polisie het na die verdagte gesoek en hom uiteindelik in Polokwane gearresteer. Hy sal vandag in die Mangweng-landdroshof voorkom.

Lt.kol. Thembi Hadebe het die insident ten sterkste veroordeel en vra die gemeenskap om professionele hulp te soek voordat lewens onnodig verloor word.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief