KWAZULU-NATAL. – ‘n Kind (7) is Donderdag deur ‘n stiefpa in Tongaat aangerand. Die pa het daarna met ‘n kleuter (3) verdwyn. Die kleuter word steeds vermis.
Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê dié diens is Donderdagoggend vir die aanranding van ‘n kind ontbied. Op die toneel is die kind in ‘n kritieke toestand aangetref. Die kind is gestabiliseer en deur IPSS se gevorderde lewensondersteunende paramedici vir verdere behandeling na ‘n nabygeleë fasiliteit vervoer.
Meyrick sê Umhlali-polisie se K9 soek-en-reddingseenheid, sowel as IPSS se soek-en-reddingseenheid, asook plaaslike gemeenskapslede, het na die versmiste kleuter gesoek.
Die soektog is Donderdagaand kort voor 20:00 afgelas en is weer vanoggend hervat.





