NOORDWES. – ‘n Stiefpa (37) verskyn vandag in die Rustenburg-landdroshof op aanklag van moord op sy stiefseun, Olebogeng Molebangwe (13).
Brig. Sabata Mokgwabone sê die polisie was Vrydagaand na die toneel in Oos-Einde, Rustenburg na hulle deur die bure ontbied is. Die liggaam van Molebangwe is met twee steekwonde aan sy bo-arm in die huis aangetref. Daar was ook ander sigbare beserings aan sy liggaam.
Mokgwabone sê die verdagte het gesê hy het die oorledene met ‘n gordel geslaan, omdat hy glo sy jonger broer alleen gelaat het. Die verdagte is in hegtenis geneem.
Lt.genl. Sello Kwena het die insident veroordeel.





